VENNOOTSKAP MET SHEPHERD MINISTRIE
Vennootskap is ‘n Bybelbeginsel. Wanneer jy ‘n vennootskap met Shepherd Ministrie binnegaan en jy saai in die verspreiding van die evangelie, aktiveer jy ‘n geestelike beginsel van saai en maai, en seën in jou eie lewe. Wanneer jy ruimte maak vir die geleentheid, vir die verspreiding van die Woord, bewerkstellig dit ook in die gees vir jou ruimte om seën te ontvang. Wanneer jy plek maak vir salwing; sal die salwing ruimte maak vir jou! Deur hierdie bediening te seën, maak jy plek vir God om jou te seën en vir jou te voorsien. God belowe dat Hy elke goeie ding wat ons doen, sien en dit beloon, wanneer dit uit ‘n rein hart gemotiveer is. Wanneer jy ‘n finansiële vennoot met Shepherd Ministrie word, sal jy krediet ontvang in die hemel, omdat jy bygedra het vir die redding van baie siele en veranderde lewens, deur hierdie bediening!
Wanneer ons in die bediening saamwerk – saam staan en in mekaar glo en ondersteun – word wonderwerke ‘n algemene plek. Ons salwing word gekombineer en maak deure oop wat ons toelaat om dinge te doen ver bo alles wat ons kan bid of dink, wanneer jy jou bediening, maak nie saak hoe groot of klein, deel van hierdie bediening maak nie … en andersom … Daar is niks wat die vyand kan doen om ons te stop nie! Wees deel van iets groot – maak ‘n ewige verskil vandag as jy die boodskap van geloof, krag en verlossing aan die wêreld wil bring. Word ‘n vennoot van Shepherd Ministrie. Saam kan ons veel meer doen as wat enige van ons ooit alleen kon doen!
Melanie Landman
Maandelikse Ondersteunings Opsies
Kies self die bedrag by enige van die opsies hieronder. Kry gratis toegang tot die beperkte afdelings (Leringe en Turning Point Akademie) met enige van die subskripsies vir die termyn van ondersteuning indien die maandelikse bedrag R100 of meer is.
Jesus het aan my gesê om die mens met klein porsies te voed. Verskeie boeke oor geestelike onderwerpe tot onderrig, lering en dieper insig het gevolg. Die boeke is om geskool te word in die beginsels en waarhede van die Woord. Die doel is om jou te lei tot lewensveranderde openbarings, wat ‘n realiteit in jou lewe kan word. Dit is op ‘n verstaanbare en ‘n eenvoudige vlak wat jou lewe onherroeplik sal verander. Kennis oor die waarheid verhoed misleiding.
Ondersteun ons vir 3 maande
Ondersteun ons vir 6 maande
Ondersteun ons vir 12 maande
Ondersteun ons onbeperk tot en met kansellasie
Eenmalige bedrag van ondersteuning
Kies self die bedrag.