“Dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. 2Kor 5:18-19
“Elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.” Joh 4:14
“Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.” 1Ti 1:17
Heb 5:12-14 “Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ‘n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie. Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is. Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.”
1Pet 2:2 “en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei.”
‘n Groot verskeidenheid van artikels sal geplaas word en hierdie artikels is vir die groeiproses belangrik. Paulus het gesê ons is babas na wedergeboorte en drink net melk, maar deur meer kennis in te neem oor die waarheid en dit in jou lewe toe te pas, help jou om tot volwassenheid te groei in die gees.
Hierdie afdeling handel oor verskeie onderwerpe vir die Soldaat vir Christus. Die persoon wat begerig is om meer te leer en sodat hy of sy instaat sal wees om aktief in die Koninkryk van God betrokke te raak. Daar sal op ‘n weeklikse basis inligting geplaas word.
Heilige Gees het volgende instruksie gegee: Wees PRAKTIES & AKTIEF, GEORGANISEERD & GEDISIPLINEERD sodat jy nie sal wankel onder aanslae nie, maar die vyand met Goddelike strategie sal teenstaan en oorwin.
Ek nooi jou, kom verryk jouself met dieper geestelike insig.
Die dagstukkie fokus op skrif en gebed vir die dag, vir die leser wat nie die Woordskool doen nie. Dit is kort maar kragtig en handel oor spesifieke onderwerpe.
Bybelverse vir elke dag: Hierdie verse is daar om jou te motiveer en aante hou in jou daaglikse stryd. Dit is nodig om elke dag aan die Woord van God herinner te word. Hierdie Bybelverse ra jou deur die dag. Dit herinner ou aan die beloftes van God, dat Hy nie ‘n God van daar ver is nie maar hier by jou.
Fokuspunte is kort kragtige stukkies om die aandag op sekere onderwerpe te vestig. Die leser kan dit gereeld naslaan, want dit het ‘n kragtige impak op die daaglikse lewe.daarom word dit in die vorm van kort notas aangebied. Daar word opsekere gedagtes gefokus sodat Heilige Gees hierdie punte in jou gees kan vasmaak. Van die onderwerpe is jou Identiteit in Christus en beloftes uit die Woord. Hierdie onderwerpe is iets waaraan jy kort, kort herinner moet word, sodat die inpak daarvan in jou lewenswandel vasgemaak kan word.
Die twee afdelings, TURNING POINT AKADEMIE en LERINGE het ‘n gesamentlike subskripsie van R100 per maand, wat jou toegang tot beide afdelings gee.
Die doel van die afdeling LERING is onderrig op ‘n maklike en eenvoudige manier, wat ook koste effektief is vir elkeen wat die begeerte het om meer te leer. Hos 6:6 “Want Ek het ‘n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.” Die lengte van die verskeie aanbiedinge sal verskil en daarom ook die tydperke. Mettertyd sal nuwe aanbiedinge geplaas word. Die lesings van elke aanbieding sal weekliks geplaas word en daarop volgende week die volgende lesings. Dit sal op die KALENDER en in die afdeling “NUUT OP DIE WEBTUISTE” aangedui word.
Mat 6:5-6 “En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het. Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.”
1Ts 5:17 “Bid sonder ophou”.
Jak 1:6 “Maar hy moet in die geloof bid,”
Jak 4:3 “Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid,”
Jak 4:2 “julle het nie, omdat julle nie bid nie.”
Jak 5:13” Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid.”
Jud 1:20 “Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid”
Ons kan nie ‘n dag aanpak sonder gebed nie.
In die Skrifte sien ons dat God die Vader in die Ou Testament met Sy uitverkore volk gepraat het. In die Nuwe Testament het Jesus met Sy volgelinge gepraat. Met Sy hemelvaart het Hy aan die dissipels gesê, Hy laat hulle nie wees agter nie, maar dat “Die Gees van die Waarheid” sal kom en hulle in die Waarheid onderrig en Heilige Gees sal met ons wees tot in ewigheid.
Dit is uiters belangrik dat ons die Woord ken en verstaan, anders kan Heilige Gees ons nie in die Woord onderrig nie. Met hierdie Woordskool konsentreer ons daarop om die Bybel in ‘n jaar deur te lees. Kort verduidelikings en daaglikse gebede sluit dit af. Dit is nie ‘n studie nie, maar slegs slees om die nodige begrippe vas te lê, sodat verdere studie daarna kan volg.
Dit is Abba Vader se wil dat ons ‘n heilige lewenswyse volg, net soos Hy ook Sy verbondsvolk geleer het om heilig te lewe. In ons hedendaagse lewe volg ons nie meer daardie riglyne nie, maar het ons Jesus se lering as voorbeeld, wat ons kan navolg. Die reekse is gebaseer op lering maar die onderwerpe word oor ‘n tydperk behandel. Dit gee ‘n groter begrip op die onderwerp en elke stukkie kan geabsorbeer word. Dit gee tyd om die Skrifte na te slaan, voordat die volgende stukkie behandel word. Die leser kry tussendeur tyd om dit op sy of haar lewe toe te pas en dit ‘n lewenswyse te maak.
God het sekere koninkryks beginsels vir die kinders van Sy Koninkryk vasgelê. Daar is bevoorbeeld die Wet van Saai en Oes, die Wet van Vryheid, die Koninklike Wet van Liefde, die Wet van die Lewe en die Wet van Sonde en nog baie meer. Hierdie is geestelike wette en geld slegs vir die kindes van God. Baie beginsels word in die Woord gemeld wat net deur Woord studie openbaar word. In hierdie afdeling word van hierdie beginsels uit die Woord gehaal en op vandag se lewe van toepassing gemaak. Deur die wette te verstaan en Goddelike beginsels in jou lewe toe te pas kan jou lewe baie verryk word.
Deut 28:2 “En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die HERE jou God. Deut 30:10 “as jy na die stem van die HERE jou God luister om sy gebooie en sy insettinge te hou wat in hierdie wetboek geskrywe is; as jy jou tot die HERE jou God bekeer met jou hele hart en met jou hele siel.” Joh 10:27 “My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.”
Spr 25:2 “Dit is die eer van God om ‘n saak te verberg, maar die eer van konings om ‘n saak na te speur.” 2Tim 3:16 “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid.”
Daar is verskeie boeke oor geestelike onderwerpe tot onderrig, lering en dieper insig. Die boeke is om geskool te word in die beginsels en waarhede van die Woord tot dieper insig oor onderwerpe. Hierdie studies word gebaseer op die Woord van God en sal lei tot lewensveranderde openbarings, wat ‘n realiteit in jou lewe kan word. Dit is op ‘n verstaanbare en ‘n eenvoudige vlak wat jou lewe onherroeplik sal verander. Kennis oor die waarheid verhoed misleiding.
123
Tydens gebed oor die finansiële sy van die webtuiste, het Heilige Gees my met hierdie stelling geantwoord: Die geestelike waarde van lewe en rykdom wat ontvang word kan nie in menslike waarde of geld waarde gemeet word nie. Moenie dit gering skat nie.” My probleem was dat ek geen geld wou koppel aan die bediening nie, maar nou gee ek dit aan elkeen oor om self daaroor te bid; die wie se harte aangeraak word, om wel ‘n bydrae te lewer. Deur ‘n vennootskap met Shepherd Ministries te sluit betree jy die geestelike beginsel van Saai en Maai. Jy word aktief betrokke in die verspreiding van die Evangelie en redding van siele asook die geestelike groei van ander. God is ‘n beloner van goeie dade en gaan nie terug op Sy Woord nie, daarom kan jy weet dat jy jou beloning sal ontvang.
Designed and developed by Appify Mobile
© 2020 All Rights Reserved Shepherd Ministries